Erongo-streek stuur inentingsveldtog van stapel ondanks minder gevalle

Die goewerneur van die Erongo-streek, Neville Andre Itope, het gesê alhoewel daar ‘n afname in Covid-gevalle is, is dit die regte tyd om ‘n Covid-inentingsveldtog van stapel te stuur. Tot dusver is sowat 11 992 mense in Erongo van die geteikende 121 000 met hul eerste dosis ingeënt, terwyl 1 998 inwoners van die streek hul tweede dosis ontvang het. Die goewerneur het gesê ‘n taakspan sal bykomende inentingsentrums in die streek vestig en 16 persele is geïdentifiseer.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *