Erongo se leerders moet skouer aan die wiel sit – goewerneur

Die 2023-akademiese jaar is in volle swang en ná verlede jaar se swak eksamenuitslae in Namibië, is dit nou al tyd vir leerders om skouer aan die wiel te sit. Die goewerneur van Erongo-streek, Neville Andre, moedig leerders in sy streek aan om nie bang of moedeloos te wees nie. Hy het hulle gemotiveer om nie te wag vir die eksamen-datums nie, maar elk dag huiswerk te doen, nou al te begin leer en eksamentye net hersienings te doen.