Erasmus gesels oor hartverskeurende wedstryd

Krieket: Die Verenigde Arabiese Emirate het Namibiese harte gebreek, maar Nederlanders laat feesvier na vandag se wedstryd in die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië. Die VAE het die Namibiese span met slegs sewe lopies verslaan in hulle Eerste Ronde-kragmeting in Geelong. Die wenspan het ‘n mededingende 148 vir drie aangeteken en Namibië was vroeg in die moeilikheid op 69 vir drie. David Wiese en Ruben Tempelmann het Namibië daarna tot op die drumpel van ‘n oorwinning geneem, maar hulle het net-net verloor. Dit beteken Sri Lanka en Nederland dring deur na die hooftoernooi. Die kaptein van die Eagles, Gerhard Erasmus het na die wedstryd met die media gepraat. 

Die Verenigde Arabiese Emirate-kaptein CP Rizwaan sê sy span se oorwinning is ‘n aanduiding dat hulle ‘n impak maak …