Epstein beroep ‘vyfde’ 600 keer in Giuffre-saak

Jeffrey Epstein het hom sowat 600 keer op sy grondwetlike reg beroep om homself te nie te inkrimineer in getuienis nie, tydens die regsgeding deur Virginia Giuffre, wat hom van seksuele misbruik beskuldig het. Epstein se weiering om vrae te beantwoord in Giuffre se regsgeding teen sy jarelange vennoot, Ghislaine Maxwell, is in ‘n liassering in die federale hof van Manhattan bekend gemaak, as deel van ‘n magdom dokumente wat vandeesmaand uit die siviele lastersaak wat in 2017 geskik is, bekend gemaak word. Die vyfde wysiging van die Amerikaanse grondwet gee mense die reg om nie hulself te inkrimineer nie. Giuffre se prokureurs sê dat Epstein “vyfde” in ‘n verklaring geantwoord het op ongeveer 500 substantiewe vrae wat hulle gestel het, en 100 substantiewe vrae wat Maxwell se prokureurs gestel het.