Twee olievelde sluit in Libië weens betogings

Betogings oor maatskaplike eise duur voort in die suide van Libië, en het gelei tot die sluiting van twee olievelde in die Ubari-streek. Libië se Sharara-olieveld, wat tot 300 000 vate per dag produseer, is gesluit. Die inwoners eis ‘n hospitaal, werk en ‘n toegewyde raffinadery om die chroniese tekorte aan gas en petrol te verlig. Hulle sê die sluiting van die olievelde is hulle enigste troefkaart. Die regering in Tripoli het ‘n beroep gedoen op ‘n terugkeer na normaliteit en sê dat olieproduksie nie by sulke probleme betrek moet word nie.