Epra vaar uit teen Iipumbu oor beleggings-wetsontwerp

Die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging het in ‘n ope brief aan handelsminister Lucia Iipumbu sy diep kommer oor die beleggings-wetsontwerp uitgespreek. Die vereniging sê hy is nie in kennis gestel oor enige openbare konsultasie voor die 7de Augustus s’n nie, en moes oor daardie byeenkoms op sosiale media hoor. Rolspelers is ook net vier dae tot 11 Augustus gegee om insette te lewer. Die vereniging sê dit is duidelik dat Iipumbu en haar ministerie geen aanpassing aan die wetsontwerp, wat in November 2021 in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is en dieselfde middag weer onttrek is. Die vereniging sê geen van sy kwessies is aangespreek nie en die wetsontwerp, soos dit nou staan, sal beleggings in Namibië kniehalter. 

*Kosmos 94.1 Nuus Ondersoek het ‘n ontleding oor die wetsontwerp gepubliseer. Vind dit op kosmos.com.na onder nuus, nuus ondersoek, in Engels en Afrikaans.