Eoin loop res van T20 mis

Engeland se kaptein Eoin Morgan sal weens ‘n dy-besering nie aan die oorblywende twee T20-wedstryde in die reeks van vyf wedstryde teen die Wes-Indiese eilande deelneem nie. Hy het aan Woensdag se derde wedstryd onttrek nadat hy ‘n dyspier tydens opwarming verrek het. Moeen Ali moes waarneem as kaptein. Morgan se besering word as taamlik gering beskryf en dit behoort nie langtermyngevolge te hê nie. Ali sal as kaptein waarneem terwyl Engeland probeer om ‘n 2-1-agterstand in laaste twee wedstryde van die reeks uit te wis. Hierdie wedstryde vind môre en Sondag plaas.