Entrepreneurskap kan welvaart skep

Die Koperfees-inisiatief poog om nuwe sakegeleenthede te bevorder wat Tsumeb-inwoners sal help om werkloosheid en armoede te oorkom. Matheus Hangula, burgemeester van Tsumeb, het tydens die amptelike opening van die 10de Koperfees gesê entrepreneurskap moet bevorder word, want selfvoorsiening kan ekonomiese welvaart verseker deur die implementering van amptelike nasionale ontwikkelingsplanne. Zebra Kasete, besturende direkteur van Dundee Precious Metals, voeg by dat die bevordering van volhoubare entrepreneurskap nuwe geleenthede vir Namibiërs kan ontsluit, ekonomiese groei aandryf en ‘n beter toekoms vir Tsumeb en die land se inwoners skep.