Enoch moet waai oor teistering-klagte – EFF

Die EFF vra dat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, onmiddellik uit sy pos verwyder word ná berigte dat hy ‘n vroulike werker seksueel aangerand het by ‘n hotel in die Krugerwildtuin in Mpumalanga. Die masseer-terapeut by die hotel het ‘n klag van seksuele aanranding teen hom ingedien. Godongwana word ook daarvan beskuldig dat hy haar stilswye probeer koop het met ‘n groot bedrag kontant. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê as die ANC-regering vroue respekteer, sou ‘n minister wat van seksuele geweld beskuldig word, onmiddellik bedank het.