Engelse vasberade om Bokke te wen: Pollard

Freddie Steward is terug op heelagter nadat Engeland se afrigter, Steve Borthwick, drie veranderings aan sy span aangebring het wat môre in Parys in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen Suid-Afrika speel. Steward vervang vir Marcus Smith. Die twee ander veranderings is onder die voorspelers waar die slot George Martin en die stut Joe Marler speel in die plek van Ollie Chessum en Ellis Genge, wat bank toe skuif. Die Springbok-losskakel Handré Pollard sê Engeland sal bitter graag wil wen na hulle nederlaag teen die Bokke in die eindstryd van 2019.