Engelbrecht moet Maree verdedig

Milton Engelbrecht is deur regshulp opdrag gegee om Johann Maree te verdedig. Hy staan tereg op 75 aanklagte van verkragting van minderjarige seuns. Ander aanklagte sluit in die verfilming van pornografiese materiaal van die seuns en die verkoop van die inhoud op die donker web. Maree wat as ‘n private ondersoeker en sportfotograaf gewerk het, het na bewering ‘n webwerf onder die naam ‘Boy Idols’ bedryf. Nadat regshulpprokureur Meriam Kandoni weens teenstrydige opdragte aan die verhoor onttrek het, het regter Philanda Christiaan in die hooggeregshof in Windhoek Maree nog ‘n geleentheid gegee om vir regshulp aansoek te doen, maar dit duidelik gemaak dat dit sy laaste kans sal wees. Sy saak is uitgestel tot 5 Februarie vir die verhoor, wat reeds vir Augustus geskeduleer was, om te begin.