Eetstokkies vir 5 maande in man se neus…

‘n Man was salig onbewus dat daar Asiese-eetstokkies vir vyf maande lank in sy neus versteek was en in sy brein vasgesteek het. Nadat hy gely het aan erge hoofpyne, vloeistofafskeiding en selfs sy sig tydelik verloor het, is die naamlose man van Viëtnam na die naaste ongevalle gehaas. Die 35-jarige is deur dokters gevra of hy enige idee het van wat sy simptome kon veroorsaak – maar hy het geen idee gehad nie. Na ‘n skandering het die dokter met hom meegedeel dat daar gebreekte eetstokkies in sy neus en brein was. Dit is vermoedelik veroorsaak deur ‘n bakleiery wat die man vyf maande vantevore gehad het.  

Foto: Verskaf