Proteas val teen Nederland
Suid-Afrika het ‘n skok-nederlaag van 38 lopies gely teen Nederland in die Wêreldbekertoernooi in Dharamsala, Indië. Kaptein Scott Edwards het ‘n onoorwonne 78 behaal toe die Nederlanders 245 vir agt aangeteken het in ‘n wedstryd wat weens reën tot 43 boulbeurte verminder is. In antwoord hierop is Suid-Afrika vir 207 uitgehaal. Dit is Nederland se eerste oorwinning van die toernooi en die eerste keer dat hulle ‘n toetsspelende land by ‘n Wêreldbeker-toernooi van 50 boulbeurte klop. Edwards, wat speler van die wedstryd was, sê dit is ‘n besonderse oorwinning: