Energiekenner reageer op Nam se groen waterstof-energie

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat Hyphen Hydrogen Energy aangestel is om Namibië se groen waterstof-energie te ontwikkel. Die projek, wat 9,4 miljard Amerikaanse dollar, of 144,3 miljard Namibiese dollar werd is, sal in die Suide, by die Tsau //Khaeb nasionale park ontwikkel word. Hyphen is ‘n Namibiese maatskappy met Nicholas Holdings in Londen en die Duitse Enertrag as sy twee aandeelhouers. Nicholas Holdings, wat geen webtuiste het nie, ontwikkel projekte in Afrika, deur middel van sy filiaal Principle Energy. Beide Principle Energy en een van sy aandeelhouers Concerto Capital is geregistreer in die Isle of Man, ‘n bekende belastingtoevlugsoord, en Concerto vorm deel van die sogenaamde Paradise Papers van die onafhanklike ondersoekende konsortium van joernaliste. Ted Blom ‘n energiekenner in Suid Afrika sê die saak is eintlik baie meer ingewikkeld as wat dit voorkom.