Energie-ministerie weerlê aantygings van korrupsie

Die myne en energie-ministerie verseker Namibiërs dat hy nie korrupsie in enige vorm duld nie, en weerlê aantygings in ‘n brief wat op sosiale media die rondtes doen van flagrante korrupsie in sy petroleum direktoraat. Die brief verwys spesifiek na die aanstelling van die direktoraat se direkteur, Maggy Shino, en dat ‘n oliemaatskappy, Zambezi Exploration, begunstig is in sy suksesvolle aansoek vir ‘n olie eksplorasie-lisensie. Die ministerie maak dit duidelik dat hy te alle tye in ooreenstemming met die wetlike bepalings optree, ook in hierdie gevalle. Die brief is verder van bedenklike oorsprong en TotalEnergies weet nie van die skrywer nie. Hulle het ook nie so ‘n brief ontvang nie. Die ministerie sê geen stelsel is egter onfeilbaar nie en waar korrupsie bewys kan word, sal die skuldiges tot verantwoording geroep word.