Endombo inwoners sal voor einde 2021 trek

Inwoners van die Endombo-kompleks op Tsumeb sal binnekort hervestig word naby die drop se Benfica sokkerveld. Die inwoners is deur die eienaar van die kompleks Christoffel Groenewald in 2020 hof toe gesleep omdat hulle nie huur betaal nie. Van die inwoners was sedert 2017 agterstallig met hulle huur. Die groep van amper 3 000 inwoners sal erwe toegeken word maar, dit sal aan hulle verkoop word. Die kompleks is oorspronklik geskep vir werknemers van die ou TCL-myn op die dorp. Die dorpsraad het onderneem om die hele gemeenskap teen die einde van die jaar te verskuif.