Elton John verlaat Twitter, sê fopnuus wek kommer

Die herrie rondom Twitter wil nie gaan lê nie. Elton John het op sy amptelike blad aangekondig dat hy die platform verlaat. Hy sê dat hy sy hele lewe lank probeer het om musiek te gebruik om mense bymekaar te bring. Tog maak dit hom hartseer om te sien hoe fopnuus nou gebruik word om die wêreld te verdeel. Daarom het hy besluit om nie meer Twitter te gebruik nie, gegewe die onlangse verandering in beleid wat fopnuus sal laat floreer. Elton John  het 1,1 miljoen volgelinge op die platform.