Elton en Zeenat is huis toe gepos

Die Springbok-losskakel, Elton Jantjies, en span se dieetkundige, Zeenat Simjee, is van Argentinië af huis toe gestuur na berigte van ‘n verhouding tussen hulle. Volgens berigte uit die buurland het Jantjies na bewering ‘n nag saam met Simjee by ‘n gastehuis deurgebring in die week voor die toets teen die All Blacks verlede maand in Nelspruit. Die bestuur van die Springbokspan sê geen spanprotokolle is oortree nie, maar die individue keer terug na Suid-Afrika om aandag te gee hulle persoonlike sake en om te verhoed dat die span se aandag afgetrek word tydens voorbereidings vir die toets teen Argentinië.