Elke sent wat op invoere uitgaan, kos werksgeleenthede

Die voorsitter van Team Namibia, Pieter van Niekerk, het sy stem bygevoeg by die invoersyfers wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vir November verlede jaar bekend gemaak is. Miljoene dollar verlaat die land om somtyds die eenvoudigste en/of noodsaaklikste produkte in te voer, omdat ons dit nie self vervaardig nie. Van Niekerk sê elke sent wat uitgaan kos werksgeleenthede.