Uraan-eksplorasie Maandag onder die loep in Stampriet

Uraan-eksplorasie by Leonardville is steeds in die nuus. Die Stampriet-akwifer uraanmynwese-komitee sal Maandagoggend ’n lesing deur die geoloog dr. Roy Miller aanbied. Miller is ‘n kenner in die gebied en sal praat oor die voorgestelde uraan in-situ logingsprojek in die Stampriet-bekken deur die Russiese Headspring Investments. Jaco van Wyk die Namibiese Landbou-unie se verteenwoordiger vir die Hardap-streek het die boere se kommer so verwoord.