Elke hond kry sy dag, veral in Nepal

 Hondeliefhebbers in Nepal het Kukur Tihar herdenk en het honde vereer met helder oranje kranse om hul nekke. Die woefs is ook met lekkernye bederf. Kukur Tihar is ‘n Hindoe-fees wat die lojaliteit van honde aan mense vier. Die dag, wat vertaal na Fees van Honde dra die boodskap oor dat mense liefde aan honde moet betoon en hulle eer vir hul lojaliteit teenoor die mens. Die tradisie het sy oorsprong in Nepal, waar straathonde algemeen voorkom en dierewelsyn oor die algemeen ‘n uitdaging is.