Elke 22 minute word ‘n motor in SA gesteel

Misdaad is in Namibië ‘n baie groot uitdaging en die kwessie vererger, ook aangedryf deur die heersende ekonomiese toestande. Motorkapings raak ook al hoe meer algemeen, veral in die hoofstad maar, in die buurland is die uitdaging baie groter. Die nasionale akademie vir die voorkoming van kapings in Suid-Afrika het kommer uitgespreek oor die toename in kapings en motorkapings. Die jongste misdaadstatistiek dui op ‘n toename van 14 persent tussen April en Junie vanjaar, vergeleke met dieselfde tydperk in 2021. Richard Brussow van die akademie sê daar word elke 22 minute ‘n motor in Suid-Afrika gesteel: