Elf nuwe Covid-gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het 11 nuwe Covid-gevalle uit 1 938 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. In die groep is een leerder en gesondheidswerker elk. Daar is nou 123 aktiewe gevalle, waarvan 11 pasiënte in hospitale is en een ‘n in hoësorgeenheid is. Altesaam 307 891 persone is ten volle ingeënt.