Elephant Human Relations Aid kry toelae van N$550 000 vir olifantbewaring

Elephant Human Relations Aid, Ehra, het die European Outdoor Conservation Association se toelae van sowat 550 000 Namibiese dollar gewen waarmee hulle nou fondse het om verskeie projekte aan te pak om Namibië se woestynaangepaste olifante te beskerm. Ehra kan nou vier olifantdamme en beskermingsmure elk bou, die Peace-onderrigprojekte implementeer, en ‘n studie van die groot pote se bewegings doen. Rachel Harris bedank almal wat vir Ehra en olifantbewaring gestem het.