Elektrifisering suip aan die agterspeen

Afrobarometer-opnamebevindinge in 39 Afrika-lande toon dat vordering in elektrifisering stadig en ongelyk bly, wat groot dele van die bevolking – veral landelike en arm huishoudings – sonder toegang tot krag laat. Ervarings verskil dramaties per land, maar gemiddeld geniet minder as die helfte van huishoudings betroubare elektrisiteit-voorsiening, en ‘n meerderheid van die burgers is ontevrede met hul regerings se prestasie met elektrisiteitsvoorsiening. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Christie Keulder, ‘n navorser by Afrobarometer, wat die Namibiese perspektief gee.