Elektriese voertuie verkoop soos soetkoek in Namibië en SA

Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van 2022 meer nuwe energie-gedrewe voertuie verkoop as die afgelope twee jaar saam. Dit sluit inprop-hibriede en tradisionele en elektriese voertuie in. Hul stygende verkope dui op ‘n groeiende belangstelling deur plaaslike verbruikers vir meer brandstof-doeltreffende en omgewingsvriendelike voertuie. Namibië het ook ‘n toename in die verkoop van elektriese motors gesien. Jens Denk, ‘n aandeelhouer by Electric Vehicles Namibia, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle het onlangs bykomende elektriese voertuie gekry, asook herlaai-stasies in Namibië verhoog.