Elektriese safari-voertuig bied unieke ervaring

Suid-Afrika se eerste eie elektriese oop viertrekvoertuig vir wildbesigtiging is bekend gestel. Die uitvoerende hoof van Thula Solutions, Gary Davies, in samewerking met Brandt BRV, sê die voertuig word die Thula Electric Safari Views genoem. Hy sê die maatskappy ondersoek die moontlikheid om ten volle elektries aangedrewe viertrekvoertuie te vervaardig. Die voertuig is ontwikkel om wildbesigtiging in Suid-Afrika te verfyn en aan besoekers op safari ‘n geraas- en vibrasievrye ervaring te bied. Voertuie hoef dan nie meer te stil te staan vir besoekers om die geluide van die bos te geniet nie.