El Chapo se ma sterf op 94

Die bejaarde ma van die Mexikaanse misdaadbaas Joaquin “El Chapo” Guzman is dood. Media in die land het die afsterwe van Consuelo Loera, 94, bevestig. Loera se berugte seun het jare lank die Sinaloa-kartel gelei, ‘n magtige kriminele organisasie met wêreldwye omvang wat tonne dwelms oor verskeie vastelande verskuif het. El Chapo was bekend vir sy gebruik van uitgebreide tonnels. Hy word verantwoordelik gehou vir die dood van duisende mense in Mexiko wat wissel van mededingende bendelede, gewone burgers, polisie en lede van die gewapende magte in die land. Hy dien tans ‘n lewenslage vonnis in ‘n gevangenis in Colorado uit, nadat hy in 2019 skuldig bevind is op klagtes van moord en dwelmhandel.