Spaanse toeriste van N$191 000 beroof in lodge, terwyl hulle slaap

’n Spaanse egpaar is in die vroeë oggendure van Saterdag van geld en items ter waarde van 191 400 Namibiese dollar by by ‘n lodge net buite Etosha Nasionale Park beroof terwyl hulle geslaap het. Die voorval het tussen een-uur en vyf-uur gebeur toe die egpaar geslaap het. Alles is gesteel. Kontant, wat buitelandse valuta insluit, sowel as hulle baggasie, kameras en lense, verkyker, selfoonlaaier, ‘n iPhone, jewele, hulle toiletware, horlosies, rugsakke en die vrou se handsak. ‘n Saak is by die Oshivelo-polisiestasie gemaak. Die polisie se ondersoek duur voort. Die voorkoms van herhaalde misdaad teen toeriste wek groot kommer onder belanghebbendes in die bedryf. Dit het in die afgelope tyd ‘n gereelde kwessie geword.