Eksamenuitslae van graad 11’s, 12’s dalk laat weens uitlek van vraestelle

Die Namibiese onderwysministerie sê eksamenuitslae van graad 11- en 12-leerders sal moontlik laat vrygestel word weens die uitlek van hul vraestelle. Die drie sake is aanhangig gemaak, waarvan twee op Ongwediva en een op Ondangwa, en tien verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem. Die agt Namibiese verdagtes is op borgtog vrygelaat en die twee buitelandse burgers bly in aanhouding. Die uitlek van die vraestelle het daartoe gelei dat staatskole vroeër moet sluit.