Namibiese mynbedryf se toekoms lyk positief

Oktober 2021 se bankstatistieke van die Bank van Namibië het aan die lig gebring dat die algehele likiditeitsposisie van die bankbedryf gedurende Oktober 2021 toegeneem het. Die bedryf se kontantsaldo was aan die einde van Oktober 2021 gemiddeld 2,2 miljard Namibiese dollar, ‘n toename vanaf 1,4 miljard Namibiese dollar wat in die vorige maand aangemeld is. Die toename in die bedryf se kontantbalans is hoofsaaklik gedryf deur ‘n kontantinvloei uit onder meer diamantverkope. Veston Malango, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese sê aan Kosmos 94.1 Nuus die toekoms van die mynbedryf lyk positief.