Ekonoom voorspel Namibië sal ook hoë werkloosheidsyfer soos SA hê

Volgens Trading Economics sal die Namibiese werkloosheidsyfer teen die einde van vanjaar na beraming 36,8 persent bereik. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika vandag bekend gemaak dat die buurland se amptelike werkloosheidsyfer met 1,8 persentasiepunte geklim het nog 54 000 mense hulle werk verloor het. Namibiese ekonoom, Salomo Hei van High Economic Intelligence, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê beskikbare statistieke oor Namibiese werkloosheid is van 2017-2018 en gebaseer op die impak van Covid en werksverliese tydens die pandemie, is ons waarskynlik in dieselfde bootjie as ons buurland.