Ekonoom sê verbruikers moet kommer hê oor onsekerheid oor toekoms

Die feesseisoen is die tyd vir Namibiërs om ‘n lang-verdiende vakansie te neem na ‘n lang jaar van harde werk. Namibiërs sal in verskillende rigtings na die uithoeke van die land reis, en selfs in die buiteland. Bekommernis oor die prysstyging in kommoditeite soos diesel en sommige voedsel-items sal dit egter nie maklik maak vir diegene wat wil reis nie. Ekonoom, Cons Karamata sê dat Namibiërs nie net bekommerd moet wees oor die heropening van skole nie, maar ook oor die langtermyn-effek weens die onsekerheid van die wêreld-ekonomie.