Ekonoom sê SA werkloosheidsyfer geen verrassing

Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê die styging in Suid-Afrika se jongste werkloosheidsyfers is geen verrassing nie. Dié syfer het van Januarie tot Maart vanjaar tot 32,6 persent gestyg. Dit is ‘n toename van 0,1-persentasiepunte van die vorige kwartaal, wat die skerpste styging sedert 2008 is. Die Oos-Kaap se amptelike en uitgebreide syfers van 43-persent was die hoogste koers landwyd, gevolg deur die Vrystaat en Gauteng. Roodt sê die goeie nuus is dat die syfer laer as die verwagte koers was.