Ekonoom sê oor olie, Iran en kernwapens

Reaksie word ontvang op berigte dat die herlewing van die Iran-kernooreenkoms moontlik uiters naby kan wees omdat Iran van sy sleuteleise laat vaar het. Die Biden-administrasie sukkel reeds ‘n geruime tyd om die ooreenkoms weer op dreef te kry nadat Donald Trump in 2018 dit verlaat het en sanksies op Iran se olie geplaas het. Sou die ooreenkoms herleef, sal Iran se olie terugkeer na die globale mark. Ekonoom Salomo Hei van High Economic Intelligence sê dit sal ‘n daadwerklike impak op die olieprys hê omdat die aanbod sal vergroot.