Ekonoom sê oor beroepe in Zim vir handel in net Amerikaanse dollar

Wêreldwyd word in Amerikaanse dollar handel gedryf. Die redes hiervoor is meestal valuta-onstabiliteit, hiper-inflasie, mark-onvolmaakthede en ‘n chroniese tekort aan buitelandse valuta. In Zimbabwe was daar onlangs oproepe van ekonome, nyweraars en die algemene stedelike bevolking om eerder in Amerikaanse dollar handel te dryf. Tans is daar ‘n multi-geldeenheid stelsel in plek. Die informele sektor in Zimbabwe is nou die grootste werkgewer in die ekonomie en ondersteun talle se lewensbestaan. Hierdie besighede verkoop hul produkte en dienste beide in Amerikaanse dollar, sowel as plaaslike geldeenheid. Eddie Cross, ‘n ekonoom van Zimbabwe gesels met Kosmos 94.1 Nuus en sê die huidige stelsel het goed gewerk.