Ekonoom sê inperking was nie lorriedrywer se skuld

Dit is vandag ‘n jaar gelede wat ‘n vragmotorbestuurder wat positief vir Covid-19 aan die kus getoets het, uit kwarantyn ontsnap en in Kuisebmond gaan kuier het. Talle blameer die voorval vir die verlengde inperking aan die kus, maar die bekende Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu stem nie saam nie.