Ekonoom sê 2 100 Namibiese miljoenêrs is goeie nuus, mits…

Die bekende Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu het gereageer op die nuus dat Namibië ‘n verstommende 2 100 miljoenêrs het. Die Africa Wealth Report vir 2023 het die syfer bekend gemaak en definieer ‘n miljoenêr as ‘n persoon met ‘n rykdom van 1 miljoen Amerikaanse dollar of meer. Die verslag het ook gesê die plaaslike aantal miljoenêrs sal oor die volgende tien jaar met 60 persent groei. Kakujaha-Matundu sê dit is onmoontlik om te bepaal wie hierdie persone is waar die rykdom vandaan kom, maar meen dit is nie alles slegte nuus nie.