Ekonoom reageer op Napwu-eise vir verhogings

Ekonome reageer op berigte dat Napwu, die vakbond vir staatsamptenare, sê die minister van finansies Ipumbu Shiimi se standpunt dat vakbonde ooreengekom het dat staatsamptenare nie ‘n verhoging kry nie, is misleidend. Petrus Nevonga van Napwu sê daar word steeds onderhandel word en samesprekings duur op 29 November voort. Die eise sluit ‘n 10 persent verhoging, en meer in. Maar die regering het reeds gesê hy kan nie ‘n verhoging bekostig. Klaus Schade ‘n plaaslike ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.