Ekonoom reageer op moontlike opheffing van Namcor-subsidie op brandstof

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het onlangs die regering se planne bekend gemaak om die heffing van die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië, Namcor, te kanselleer deur stappe te neem om die brandstofheffing te verwyder. Alweendo sê Namcor is ‘n kommersiële entiteit en het nie die heffings nodig nie. Ekonoom, Jason Kasuto, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit sal verbruikers laat asem skep.