Ekonoom: Plaaslike vaardighede is nodig in gas- en oliesektor

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust bied môremiddag om vyf-uur die derde en laaste openbare lesing vir hierdie jaar oor die olie- en gasbedryf in Namibië aan. Vaardighede en menslike kapitaal wat vir die olie- en gasbedryf benodig word, sal bespreek word. Namibiërs wat in die veld van olie en gas gestudeer het, sal hul ervarings en perspektiewe deel. Het Namibië die vaardighede en kundige mense-kapitaal om aan die olie- en gasbedryf deel te neem? Hierdie openbare lesing sal kyk na die behoefte aan vaardigheidsbou, heropbou en opgradering vir die olie- en gassektor. Ekonoom Jason Kasuto verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik plaaslike vaardighede vir dié sektor is.