Ekonomiese strukture belemmer werkskepping

Plaaslike media berig dat daar oor die afgelope vyf jaar, 84 000 gegradueerdes in die arbeidsmark geplaas is. Net minder as 38 000 van die groep studente het beroepsopleiding ontvang. Volgens die arbeidskenner Herbert Jauch, is dit hoogs waarskynlik dat gegradueerdes van 2018 nog nie werk gekry het nie. Hy het aan plaaslike media gesê dat Covid-19 wel ook bygedra het maar, dat ekonomiese strukture in die land nie doeltreffende werkskepping toelaat nie. Die verskyning van duisende werksoekers vir ‘n handvol poste word ook al hoe meer algemeen in die land. Terwyl daar nie plaaslike syfers is nie sê internasionale organisasies dat 46 persent van Namibië se jeug werkloos is. Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het ook reeds voorstelle vir werkskepping gemaak. In ‘n verslag het hy veral klem gelê om die ministerie van jeug en sport maar, net twee van die voorstelle is tot op hede geïmplementeer.