Ekonomie: dit gaan langer as 10 jaar vat om terug te kom op 2015 vlakke

Cirrus in die hoofstad sê die jaarlikse nasionale rekening wat Donderdag vir 2020 deur die Namibiese Statistieke Agentskap bekend gemaak is, toon kommerwekkende syfers. Robert McGregor sê die daling in die BBP per capita syfer van 10,2 persent is die grootste sedert 2009. Hy sê dat sal langer as tien jaar neem om terug te kom op vlakke wat in 2015 gesien is. Hy praat met Kosmos 94.1 Nuus.