Ekonomie: Botswana vaar baie beter as Namibië

Botswana verwag ekonomiese groei van 9,7 persent in 2021, in vergelyking met die 8,8 persent wat in Februarie voorspel is. Volgens die minister van finansies, Peggy Serame, het die hoër diamantverkope en ‘n onlangse heropbou van die BBP-rekeninge gehelp. Sy het bygevoeg dat die begrotingstekort vir 2021 na verwagting tot 3,9 persent sal toeneem van die 2,8 persent wat in Februarie gesien is. ‘n Namibiese ekonoom, dr. John Steytler, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê ekonomiese groei in Botswana was nog altyd hoër as Namibië s’n.