Een uit vier Afrika-kinders woon in konflikgebied

Statistieke toon minstens een uit elke vier kinders in Afrika woon in konflikgebiede. Dit is hoekom daar doelbewus opgetree moet word om hulle regte te beskerm. Dit is die mening van ‘n regskenner oor kinders in konflikgebiede, Robert Nanima, van die Universiteit van die Wes-Kaap se regsfakulteit. Hy het die uitwerking van ekonomiese misdade en gewapende konflik op kinders by ‘n reeks lesings beklemtoon. Nanima sê meer opbouende optrede namens kinders uit alle sfere is nodig: