Ekonome sê inflasie behoort teen die einde van die jaar te daal

Die wêreld-ekonomie sal ‘n stewige prys betaal vir die oorlog in die Oekraïne wat swakker groei, sterker inflasie en potensieel langdurige skade aan voorsieningskettings insluit. In Namibië het die plaaslike ekonomie in die eerste kwartaal van 2022 in ‘n positiewe baan gebly en ‘n groei van 5,3 persent aangeteken, vergeleke met ‘n afname van 4,9 persent in die ooreenstemmende kwartaal van 2021, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap. Robert McGregor, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek, gee sy voorspelling oor inflasiesyfers teen die einde van vanjaar…