Ekonome: SA se kans op resessie is 45%

Volgens die maandelikse opname onder Suid-Afrikaanse ekonome is die buurland se kans op ʼn resessie vanjaar weens die kragkrisis 45 persent. Die opname het bevind die energiekrisis hou ‘n wêreldwye ekonomiese bedreiging in wat binnelandse produksie aan bande sal lê. Daarvolgens is dit onwaarskynlik dat die ekonomie kwartaal-tot-kwartaal in die loop van 2023 met meer as 0,3 persent sal groei. Ekonome wat aan die opname deelgeneem het, sê die BBP sal vanjaar op 1,2 persent staan teenoor 2,3 persent in 2022.