Ekandjo se insluiting in Swapo CC beteken eintlik baie – kenner

Na die dramatiese Swapo-kongres, sy verkiesings vir die top-party-posisies en die sentrale komitee-lys wat herwaarts en derwaarts gegaan het, het President Hage Geingob ook sy lys van die president se keuse en permanente lede van die party bekend gemaak. Geingob het onder andere die stigterspresident, Sam Nujoma en oudpresident Hifikepunye Pohamba as permanente lede van Swapo aangestel. Sommige Namibiërs was verbaas oor die insluiting van Jerry Ekandjo, wat op ‘n sekere stadium gesien is as ‘n presidensiële hoopvolle teen Geingob. Phanuel Kaapama, politieke ontleder, deel sy mening met Kosmos 94.1 Nuus oor Ekandjo se insluiting.