Ek moet koningin se begrafnis bywoon, ek het haar dan ontmoet – Geingob

Namibiese President Hage Geingob sê hy moet die begrafnis van Koningin Elizabeth op 19 September bywoon, omdat hy koningin al vyf keer ontmoet het en sy Namibië in 1991 besoek het. Die President sê hy sal die begrafnis bywoon terwyl hy op pad is na die 77ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies wat vanaf 13 tot 27 September in New York, Amerika, sal plaasvind. Geingob sal na verwagting die VN se Algemene Vergadering op 21 September toespreek. Die president sal ook vandag na Angola vertrek om deel te neem aan die beëdiging van Angolese President Joao Lourenco vir ‘n tweede termyn op 15 September. Terwyl Geingob in Angola is, sal hy ‘n krans lê by die graf van oud-president Jose Eduardo dos Santos terwyl hy nie Dos Santos se begrafnis in Luanda in Augustus kon bywoon nie.