Ek het nie ore nie, maar ek ‘hoor’ jou

Wetenskaplikes het ‘n nuwe soort spinnekop-sintuig gevind waarvan ons nie voorheen geweet het nie.

Al het spinnekoppe nie ore nie, blyk dit dat hulle jou steeds kan ‘hoor’. Die hare op hul bene tel die vibrasies in die lug op.

Oorspronklik het wetenskaplikes gedink dit kan net op ‘n baie kort afstand gevoel word maar navorsers aan die Cornell Universiteit het bevind dat ‘n algemene soort springspinnekop eintlik klankvibrasies van so ver as 3 meter kan optel.

Foto: Verskaf